Chereé en haar twee dogtertjies laat harte smelt!

FOTO: YouTube skermgreep

Die sangeres Chereé en ma van twee kan ongelooflik trots wees. Haar liedjie, Kwarantyn, wat sy saam met haar twee dogtertjies Taylor-Hope en Bella-Joy sing is nóú op alle musiekplatvorms beskikbaar. 

Chereé was maar net nege jaar oud toe sy vir die eerste keer begin sing het voor mense op ’n verhoog. En 16 toe sy haar eerste professionele opname gedoen het.

Nou volg klein Taylor-Hope (9) en Bella-Joy (7) in ma se voetspore… 

“Hierdie is baie spesiaal. Musiek is beslis in hul are,” het Chereé gesê. Volgens Chereé glo sy dat indien haar twee dogtertjies besluit om musiek hul loopbaan te maak, gaan dit een spesiale gebeurtenis wees. 

Kyk die musiekvideo hier: