Tasché se The Voice SA 3 liedjies nou op akoestiese kortspeler

FOTO: Verskaf

Tasché se sang talent is ongetwyfeld wêreldklas. Haar charismatiese verhoogpersoonlikheid en boeiende vertolkings van plaaslike en internasionale treffers het haar in 2019 met die The Voice SA 3 kroon huis toe gestuur.

Dit is dus geen verrassing dat sy deur die publiek oorval is met versoeke om nog van die liedjies wat sy tydens The Voice SA 3 gesing het op te neem nie.

In Maart 2020 is Tasché terug studio toe, met ’n glimlag op haar gesig, om sewe nuwe akoestiese verwerkings op te neem. Dít slegs vyf maande na haar vorige selfgetitelde kortspeler uitgereik is. Op die nuwe kortspeler getiteld, Acoustic Sessions, word Tasché deur Richard Onraet op akoestiese kitaar begelei.

Acoustic Sessions bevat nie net liedjies wat Tasché tydens The Voice SA 3 gesing het nie, maar ook persoonlike gunstelinge van haar, soos Chris Stapleton se Tennessee Whiskey en Karen Zoid se Engel.

“Ek love dit om nuwe musiek te record. Dit is sonder twyfel een van my favourite dinge om te doen. Ek sien al klaar uit na die volgende sessies,” het Tasché gesê.

Dit is moeilik om te glo dat hierdie 19-jarige meisie nog nooit ’n professionele opname voor haar eerste enkelsnit Die Een (Julie 2019) opgeneem het nie. Sy het dus in minder as ’n jaar 14 liedjies opgeneem en uitgereik, met twee musiekvideos daarby.

En asof dit nie genoeg is nie, het sy ook haar eie aanlynwinkel, tasche.co.za, waar al haar goedere aanlyn te koop is.

Een ding is duidelik – hierdie meisiekind het ’n passie om ’n sukses van haar loopbaan te maak en is nie bang vir harde werk nie.

’n Bietjie meer oor die snitte:

1. The Story (Brandi Carlile)

Ek het dadelik op hierdie liedjie verlief geraak toe ek dit die eerste keer hoor oor die skryfwerk en die effe tough klank. Ek sing dit al vanaf 2014 en het snaaks genoeg al drie sangkompetisies met die liedjie gewen.

Kyk hier na Tasché se optrede:

2. Tennessee Whiskey (Chris Stapleton)

Ek love country musiek en ek love Chris Stapleton se spesiale country klank nog meer. Ek weet nie hoe hy met die lirieke opkom nie, maar ek sal dit ook graag eendag so wil kan doen. Dis een van my gunstelik liedjies om live te sing.

3. Hillbrow (Johannes Kerkorrel)

Ek het “Hillbrow” baie gehoor toe ek jonger was en ek het geweet dat dit ’n liedjie is met baie betekenis daaragter, maar ek het dit eers ten volle verstaan toe ek dit op The Voice SA moes sing. Dis vir my amazing hoe een lied soveel Suid-Afrikaners bymekaar kan bring. Dis lekker om liedjies te sing met betekenis…  om iets te sing waarmee mense sal connect.

Kyk Tasché se optrede daarvan hier: 

4. Wrecking Ball (Miley Cyrus)

Ek is ’n massive Miley Cyrus fan en hierdie net plainweg my gunsteling song van haar… dit het heavy baie feeling betrokke. Daar’s ’n tannie op social media wat elke keer comment op ’n foto van my met my tong uit… “Jy sing so mooi, en jy’s so ’n mooi meisie maar kan jy ophou soos Miley wees, asseblief.” Dan post ek eers nog ’n foto met my tong uit en dan dink ek by myself: “jinne tannie, dis mos ’n kompliment, want Miley het nog altyd true gebly aan haarself en gedoen net wat sy wil, en kyk waar is sy vandag.” Richard het my voorgestel aan hierdie liedjie en toe ek dit hoor, het ek saamgestem dat ons dit by ons setlist moet inwerk. Ek is trots daarop dat ek hom kon oorreed om twee van sy solo liedjies ook deel van ons program te maak.

Kyk hier hoe sing Tasché Wrecking Ball:

6. Set fire to the rain (Adele)

Daar is geen twyfel dat Adele ’n legende is nie. Al haar liedjies word geskryf en deur haar gesing met soveel gevoel. Dit is een van die redes hoekom sy so ’n groot inspirasie vir my is. Dis een massiewe uitdaging om dit live te sing, maar ek love ’n uitdaging.

Kyk hier na die optrede:

7. Engel (Karen Zoid)

“Engel” is vir my spesiaal omdat ek altyd ietsie sê voordat ek dit sing… “ek hoop jy’s net so bevoorreg soos ek om my engel in die gehoor te kan hê.”

Dis moeilik om ’n heartfelt Afrikaanse liefdesliedjie te skryf, maar Karen het dit vir seker reg gekry!

Die kortspeler is nou op alle musiekplatvorms beskikbaar.