Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Petronel Baard stel nuwe musiekvideo bekend

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Die kabaretster, Petronel Baard, laat geen teleurstellngs haar onderkry nie. Haar kabaretvertoning, Musiek van die Lang Vrou: Die Heelal Draai, wat inhoud van haar mees onlangse album, Die Heelal draai, bevat, is een van die produksies wat ook gely het onder hierdie jaar se kansellasie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) as gevolg van Covid-19.  Hierdie vertoning van haar sou sy buiging kom maak het, twinting jaar na haar eerste solo-vertoning by die fees, wat destyds musiek ingesluit het van haar album, Lank Al.

Maar, Petronel het nie gaan stilsit nie.  Sy doen gereeld aanlyn konserte en het ook pas haar nuwe webtuiste bekendgestel.  Oor haar aanlyn konserte vertel sy: “Met die inperking het ons meer uitdagings omdat my span nie by my kan uitkom nie, so ek neem video’s op my eie op en stel dit dan beskikbaar.  Ons skep maar “events” en nooi mense om te kom kyk! Intussen is die 40 minute uitsending vanaf my stoep in Reebok steeds te sien op my blad en kan mense enigetyd gaan kyk en dit geniet.  Daar is al amper 25 000 kyke en ons is super trots daarop!”

Haar webtuiste het sy meer toegangsvriendelik gemaak sodat sy haar vertonings se “live streams” daar kan deel.  Ook sodat sy die albums van 21 jaar weer aanlyn kan beskikbaar stel, iets wat sy lankal wou doen. “Ek hou van die aanslag wat ons gebruik het en ons het weer gewerk met foto’s van beide Wilhelm Vincent en Jorina Kriel.  Mense kan daar sien waar ek optree, vandaan kom en waarheen ek op pad is,” vertel sy opgewonde oor haar nuwe webtuiste.

En nou het Petronel pas ook die afgelope Sondag, 12 April 2020, op haar verjaarsdag, haar nuutste musiekvideo vir Die Heelal draai bekendgestel.  Die musiekvideo is deur Wessel van Heerden vervaardig en baie kleurvol in volle kontras met die meer swart en wit tekstuur van die fadista wat sy deurgaans vir Die Heelal draai-album gebruik het.

“Ek het altyd gevoel ek gaan die video eers so twee jaar na die eerste oplae van die album gedruk en aanlyn beskikbaar gestel is, vrystel. Selfs al was daar pogings in die rigting voorheen was dit net nie die regte tyd nie,” vertel sy.  Invloede op die video was Roxette se Crash, Boom, Bang musiekvideo, Enja musiekvideos en selfs bietjie Avatar, die film noem sy ook. “Dis surreal en speel in mens se kop af. Dit beeld geen realiteit uit nie, maar net konsepte en drome soos in ons onderbewussyn”, sluit sy af.

Kyk die video hier: 

Sy werk ook tans aan ’n nuwe projek, Seek the light, saam met Crystal Blaq Entertainment. Dit sal op Werkersdag vrygestel word. “Die liedjie gaan oor armoede en klasseverdeling. Dit spog met ’n huis-/ transmusiekstyl wat iets heeltemal anders is as waaraan ek gewoond is. Gavin Jay is egter ’n uitstekende kletsrymer en die manier waarop ons stemme mekaar aanvul, maak die eindresultaat baie interessant,” vertel Petronel. 

Petronel het in Villiersdorp grootgeword en was van kleins af versot op musiek. Haar ma en oom (wat die hoof en dirigent was by die Drakensberg Seunskoor) het haar lief gemaak vir koormusiek. Haar uitsonderlike solo-stem is op die ouderdom van twaalf ontdek tydens ’n skoolopvoering van Die Slapende Skoonheid en net daar het die sang- en toneelgogga haar behoorlik gebyt. Na skool het sy Drama by Stellenbosch gaan studeer en in 1998 professioneel begin optree. Aan die einde van haar honneursjaar, het sy ATKV se Crescendo-kompetisie gewen en voltyds by die vermaakbedryf betrokke geraak.    

Aanhangers kan saam met haar op Facebook kuier om meer uit te vind oor waarmee sy besig is en vir inligting oor konserte en besprekings. 

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.