FOTO: Verskaf
Vir meeste Suid-Afrikaners het die huidige nasionale inperking weens die Covid-19 pandemie hul onkant gevang.
Een van die industrieë wat seker die hardste getref is, is die vermaaklikheidsbedryf. Sangers het letterlik oornag hul enigste bron van inkomste verloor en Bok Radio het besluit om hierdie las so bietjie ’n ligter te maak!
Vir slegs R35 kan jy op Saterdag, 11 April vanaf 17:00 tot 19:00 in die gemak van jou eie huis saam met ses briljante Suid Afrikaanse kunstenaars kuier! Dis reg, slegs R35 om saam met Mark Haze, Monique Steyn, Johan Liebenberg, Loki Rothman, Roan Ash en Juan Boucher te kuier!
Die beste van als is jy hoef nie eers in jou motor te klim of grimering aan te sit vir hierdie konsert nie! Al wat jy moet doen is om jou partytjie skoene aan te trek, terug te sit, die vuur aan te steek en saam te kuier.
Jou gasheer is Wimpie van der Sandt en hy gaan so ’n bietjie agter-die-skerms kuier by elke kunstenaar. Dink solank wat jy vir jou gunsteling kunstenaar wil vra, want daar sal ’n opsie wees om aanlyn saam te gesels.
Kaartjies vir die heel eerste #BiltongSessie is beskikbaar op Webtickets, so maklik soos dit!