FOTO: Verskaf
Wie sou ooit kon raai dat Suid-Afrika se eie “Jan Direction” die land aan’t gons kon kry met hul weghol treffer Wys jou vleis?
LEES OOK: Jan Jan Jan ‘wys hul vleis’!
In 2019 het dié manne – Lang Jan, Fris Jan en Klein Jan – beter bekend as Jan, Jan, Jan hul debuut as ambassadeurs vir die klerereeks Boerboel Wear gemaak in ’n gewilde advertensie. En toe word hulle Suid-Afrika se eerste boere boyband…
Wys jou vleis is in Oktober verlede jaar vrygestel en het binne vyf maande meer as 2.6 miljoen kykers op YouTube gelok, waarvan die eerste miljoen in net meer as ’n maand ná vrystelling. Volgens Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis by Select Musiek en Sony, is Jan Jan Jan meer as net ’n oornag sensasie – hulle word gereeld genooi vir onderhoude en om op te tree by feeste reg oor die land.
Nou is die gewilde groep terug met hul nuwe enkelsnit Ek bly ’n boer. Met dié enkelsnit beoog die Janne om met die musiekvideo die land aan die dans te sien en boonop die maagspiere te laat kielie. Hulle breek ook die stereotipe dat ’n stadsjapie immers ook ’n boer kan wees al besit hy nie ’n plaas.
Ek bly ’n boer is nou op alle digitale musiekplatvorms beskikbaar.
Kyk die musiekvideo hier: