Brendan Peyper gaan terug plaas toe op ’n ‘lekkerder trekker’

FOTO: Verskaf

Brendan Peyper se nuwe enkelsnit Lekkerder op my trekker gee so ’n klein voorsmakie van wat aanhangers kan verwag van sy nuwe album Twintig20 wat tans oop is vir voorafbestellngs of digitale musiekplatvorms. 

Dié lighartige enkelsnit met ’n nommerpas musiekvideo wys hoe Brendan as’t ware terugkeer na die plaas waar sy wortels geanker is. 

LEES OOK: Brendan Peyper is so ‘sterk soos ’n leeu’

Die enkelsnit maak gebruik van die goeie ou-pret-klanke van liefde en goeie tye, maar met baie nuwe goeie country-rock dryfkraf daarby om die groei van Brendan ten toon te stel. Brendan beskryf basies sy droom boeremeisie met dié nuwe enkelsnit.

“Só ’n boeremeisie is ’n selfstandige dame wat nie bang is om enige taak self aan te pak nie,” verduidelik Brendan. 

“Sy moet immers vir Brendan kan wys hoe ’n ding of twee gedoen moet word,” skerts Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis by Select Musiek en Sony.

KLIK HIER OM DIE ALBUM VOORAF TE BESTEL OF APPLE MUSIC

“Op die ou einde van die dag help die video ook om te bevestig dat dit nie saak maak of jy die beter trekker het nie, maar liewer saam met wie jy op die trekker is,” sluit Brendan af. 

Kyk die musiekvideo hier: