Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Appel is terug met bakkies, braaivleis en ’n F250

FOTO: Verskaf

Appel (Christoph Kotzé) het oor die afgelope elf jaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse vermaakbedryf gevestig as liedjieskrywer, musikant en sanger. 

Hy is nie net verantwoordelik vir die lirieke van ’n paar van die grootste treffers in Afrikaanse musiekgeskiedenis nie, maar is ook deesdae ’n gewilde gesig op groot verhoë regoor die land.

Patriot, Appel se jongste album, is ’n versameling kontemporêre treffers waarop jy lekker kan dans, lag en huil, en wat jou sal laat trots voel om Afrikaans te wees. 

Net soos Nonna, die eerste enkelsnit vanaf die album, is elke liedjie sorgvuldig aanmekaar gesit om ’n indrukwekkende eindresultaat te skep waarby almal sal aanklank vind. Sy nuutste projek, is eg aan Appel se styl en beloof om sommer baie diep in die harte van musiekliefhebbers te kruip.

Oor sy nuwe enkelsnit en musiekvideo F250 sê Appel: “Alles wat ’n boer, jagter of  ’n man van die veld hoendervleis gee, vasgevang in ’n blues-rock nommertjie. Die video bevat twee elemente, my vertoning by Puk Jool die jaar en dan alles wat vir my en my vriende ’n glimlag op die bakke sit – groot bakkies, gewere en braaivleis.”

Kyk die musiekvideo hier: