Só lyk Danny Smoke se #SuperVideo

FOTO: Verskaf

Die sensasionele Danny Smoke se #SuperVideo is pas vrygestel. Dié video is ’n trilogie, wat bestaan uit drie van sy liedjies en reeds bestaande video’s van Soek jy aandag of soek jy my lyf?, T-Shirt en Gaan ons inlê, gekombineer.

Die video is geskiet tydens ’n rit Mosambiek toe. “Ons het in ’n kar geklim. Ek het hierdie meisie, Danica Vandenheede ontmoet by ’n gastehuis, ons ken mekaar glad nie, maar ry toe 1 300km na Mosambiek toe. Dit was incredible om dit so te doen, dokumentêrestyl, een kamera, dit was nooit vals of aangeplak nie, kom ons gaan op vakansie en kyk hoe dit uit draai,” vertel Danny opgewonde.

LEES OOK: Danny Smoke se tweede video in trilogie is ‘sensueel, romanties’

“Ek hoop as mense die video kyk ervaar hulle daai gevoel wat hulle al in hulle lewens gehad het. Daai ding wat jy dink nooit sal gebeur nie maar dan het dit,” voeg Danny by.

Dié Aitsa-bekroondemusikant wat duisende vroue se knieë lam maak by optredes vertel dat die video vervaardig is deur Jannes Erasmus en Dan Rademeyer van Inhoud Huis, by wie Danny ook as kunstenaar geteken is.

LEES OOK: Danny Smoke se ‘legkaart’ is voltooi

Henco Harmse van Universal Musiek Afrika, sê die video is ’n liefdesverhaal vol avontuur en passie. “Die kruks van die verhaal is om kykers te herhinner aan daai onmoontlike sprokiesverhale wat wel waar word,” sê Henco.

Kyk die #SuperVideo hier: