Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Tasché se tweede enkelsnit is ‘vroliker’

FOTO: Verskaf

Tweedehandse Hart is Tasché, van The Voice SA, se tweede oorspronklike enkelsnit wat opgeneem is vir haar debuut-kortspeler (EP) wat einde 2019 vrygestel is.

Ná die uitreiking van Die Een, was die idee om ’n vroliker lied te skryf. Tweedehandse Hart is ’n samewerking tussen Tasché, Jo-Lene Benade, Francois van Coke, Hunter Kennedy en Richard Onraet.

“Die song gaan daaroor om alles,van jouself te gee vir daardie spesiale persoon, jy’t dalk nie veel om te gee nie maar jy het jou liefde, jou tyd en jou tweedehandse hart,” vertel Tasché.

Die liriek-video vir Tweedehandse Hart is vervaardig deur Rave Growl.

“Ons wou iets anders as ’n standaard music video doen en daar was besluit op ’n lyric video wat al die mooi elemente wat vir die EP se boekie design was, in ’n visuele fees te verander en so die EP se design aspekte afshow,” vertel Tasché verder.

Kyk die video hier: