Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Loki Rothman se langverwagte solo-debuutalbum is hier

FOTO: Willem Botha

Met ’n string toekennings agter sy naam, is Loki Rothman geensins ’n nuweling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. Op 20 Maart 2020 stel die sanger en kitaarvirtuoso sy debuut Afrikaanse solo album, Op my pad vry.

Op my pad stap al stuk vir stuk saam met Loki vir die afgelope drie jaar. Sonder ’n sperdatum kon hy ’n Afrikaanse album skryf waar elke liedjie ’n betekenis en storie het. Met verhoudings as die hooftema vir die album, was Loki ook geïnspireerd deur sy persoonlike ervaringe en die musiek wat hy onlangs vir flieks en reekse soos Vergeet My Nie en Tydelik Terminaal gekomponeer het.

“Die liedies op die album is vir my ‘real’. Daar is geen ridder op ’n wit perd wat jou gaan kom haal in hierdie liedjies nie. Dit handel oor regte mense en regte verhoudings en situasies wat ek glo meeste mense al in was.” sê Loki.

Loki het die meeste van die liedjies in sy eie studio opgeneem, in samewerking met Juan Floors Oosthuizen op produksie. By die Coleske Artists se ateljee het hy verder saam met Paulo Azevedo en Arnold Coleske vir stemopnames gewerk. Die album bevat ook samewerkings met ander Afrikaanse legendes soos Laurika Rauch, Riana Nel, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, en sy suster, Margot Rothman.

“Ek is vir die eerste keer gemaklik om myself ’n Afrikaanse kunstenaar te noem. My standaarde vir Afrikaanse liedjieskryf is nogals hoog, en ek wou nie ’n Afrikaanse album uitbring voordat ek geweet het ek kan daardie standaarde uitvoer nie. Ek voel ek begin nou met ’n skoon bladsy en ek kon alles wat ek voorheen gedoen het en nie meer van hou nie, met hierdie album regstel.”

KLIK HIER OM DIE ALBUM OP JOU GEKOSE MUSIEKDIENS TE KRY