Pieter Marcato beantwoord ons 30 blitsvrae

FOTO: Verskaf

Het jy geweet dat Pieter Marcato ’n polisieman wou word toe hy klein was of dat hy nie sonder sy kitaar kan klaar kom nie? Ons het dié sanger, wat onlangs sy nuwe enkelsnit Swipe Regs vrygestel het, met 30 blitsvrae gepols.

LEES OOK: ‘Swipe Regs’ vir Pieter Marcato se nuwe enkelsnit

Beskryf jouself in drie woorde.

Musikaal, snaaks, passievol

Wat krap jou vinnig om?

Mense wat nie kan bestuur nie!

Wat maak jou gelukkig?

My vrou en kind en as ek op die verhoog is.

Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis?

Mauritius, waar ek en my vrou op wittebrood was.

Gunsteling fliek?

Wolf of Wall Street.

Gunsteling TV-reeks?

Suits.

Gunsteling drankie?

Wiskey en water.

Gunsteling kleur?

Pers.

Gunsteling kos?

Hotdogs.

Gunsteling musiek?

Folk musiek.

Wat wou jy word toe jy klein was?

’n Polisieman.

Hoe ontspan jy?

Braai, speel Xbox en kyk Netflix.

Wat is die eending waarsonder jy nie kan lewe nie?

My kitare… haha.

Saam wie sal jy eendag op ’n eiland gestrand wil wees?

Kevin Hart

Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het?

Een van my kitare.

Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het?

Om pa te word.

Wat is die beste raad wat jy al gekry het?

“Be nice to the people on your way up because you will see them on your way down.”

CD wat tans in jou motor speel?

Spoegwolf

Watter boek lees jy tans?

Kry nie baie tyd om te lees nie, maar sal graag wil.

Gunsteling emoji?

🎸

Honde of katte?

Honde.

Facebook of Instagram?

Instagram.

Koffie of tee?

Tee.

Whatsapp of bel?

Whatsapp.

Apple of Android?

Android.

Vertel ons ’n interesante feit oor jouself?

Ek het ’n fobie vir bier – Zythophobia.

Wat is jou slegste gewoonte?

Eet te veel takeaways.

Oggendmens of naguil?

Naguil.

As jy enigeen kon ontmoet (lewendig of dood), wie sou dit wees?

The Rock.

Drie mense saam met wie jy eendag om ’n etenstafel wil sit?

Kevin Hart, The Rock en Dexter Holand.