Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Kontras wys ’n dieper kant met hul nuwe enkelsnit

FOTO: Paige Fiddes

Kontras is tans op almal se lippe en hul nuwe enkelsnit, Velde, vanaf hul debuutalbum Ruimtevaarder, wat vroeg in September die lig sien, is pas uitgereik.

Indien alternatiewe musiek jou koppie tee is, is Velde so reg in jóú kraal. “Die liedjie hande oor swaarkry, hartseer en frustrasie, maar vind hoop in die klein alledaagse gelukkies wat ons om onself vind,” het Andrew Veldman, kitaarspeler en bemarkingsbestuurder van Kontras, gesê.

Hierdie groep van Stellenbosch, het hul oorsprong in punk-musiek gevind, maar Velde beklemtoon hoe hulle gegroei het om ’n ligter en meer hartroerende klank na hul gehoor te bring.

Kyk Velde se musiekvideo hier:

Sedert die bekendstelling van Kontras se debuut-enkelsnit Middelklas Middelmaan het hul verskeie sukses behaal. Die musiekvideo is tans te sien op kykNET se musiekkanaal kykNET NOU. Hulle is ook met lof besing in Huisgenoot. Verder het talle aanlyn publikasies dié groep ondersteun terwyl radiostasies reg oor die land nie genoeg kon kry van hul enkelsnit.

“Met hul unike talent wat inderdaad in kontras met so baie ander Afrikaanse musiek is, is dit nie ’n verrassing dat Kontras een van daardie groepe is wat met geen ander vergelyk kan word nie,” het Ian Bredenkamp destyds gesê.

Middelklas Middelmaan is ook deel van die Alternatief is Groot-speellys op Spotify. En Spotify self het dié liedjie ook deel van die Afrikaans Pop Hits-speellys gemaak. Apple Music het op hul beurt dit by die Alternatiewe Afrikaans-speellys gevoeg.

Hul grootste hoogetpunt was om verhoë met onder meer Fokofpolosiekar, Jack Parrow, The Kiffness, Straatligkinders, EarlyB, Tasché, Van Pletzen en Die Heuwels Fantasties te kon deel.