FOTO: Rozier van Tonder (Okay Deer)
Faraway George se nuwe album Burnt & Found is onlangs in Pretoria bekendgestel. Ons het met die sanger gaan gesels oor die nuwe album, en hom met so ’n blitsvrae van nader leer ken.
LEES OOK: Farway George se nuwe album hier hier
Vertel ons so ’n bietjie meer van jou album Burnt & Found.
Ek skryf die afgelope drie jaar daaraan, maar daar is selfs liedjies op die album wat agt jaar gelede geskryf was. Dit is meestal ’n Engelse album met een Afrikaanse liedjie. Dit het ’n tipe Country-vibe met party van die liedjies soos Sugar Cane, Hold Up en Hey Sister.
Wat is jou gunsteling-liedjie op die album?
Hold Up
Jy het in 2018 deelgeneem aan die gewilde TV-program, Die Kontrak. Wat is die waardevolste les wat jy uit die program geleer het?
Ek het geleer dat mens letterlik vir die gehoor wat na jou luister jou storie moet bring, ek het vroeër my afstand gehou omdat ek bekommerd was oor wat mense sal dink wanneer ek sing. Dis baie belangrik om oortuigend te wees.
LEES OOK: Ons gesels met Faraway George ná hy Die Kontrak moes groet
Beskryf jouself in drie woorde.
Kalm, storm, faraway.
As jy saam met enige kunstenaar ’n duet kan doen, wie sal dit wees?
Ek probeer my vrou, Alisa oortuig om my band te join, dit sal baie lekker wees as dit kan gebeur!
Wat inspireer jou wanneer jy musiek skryf?
Ek hou baie van stories, die lief en die seer daarvan. Ek hou van die idee dat ’n enkele gedate jou kan bybly vir ’n lang tyd.
Hoe ontspan jy?
Ek geniet dit baie om houtwerk te doen.
Is jy ’n oggendmens of ’n naguil?
Naguil.
Koffie of tee?
Koffie.
Facebook of Instagram?
Instagram.
Jou grootste vrees?
Die donker diepsee.
Jou grootste droom?
Ek sal graag eendag ’n skipper lisensie wil gaan doen.
Watter boodskap wil jy oordra aan jou ondersteuners vir hul ondersteuning?
Ek kan nie genoeg dankie sê nie, dit is baie besonders wanneer jou musiek erkenning kry en waardeer word.
Faraway George se album is nou te koop by alle goeie musiekhandelaars en op alle aanlyn musiekplatforms beskikbaar.