Andriëtte ná vyf jaar terug met nuwe musiek

FOTO: Verskaf

Met verskeie platinum-toekennings, vele treffers asook ’n gesogte Ghoema-musiektoekenning vir Beste vroulike kunstenaar vir 2016 op haar kerfstok is die sangeres, Andriëtte Norman, terug met nuwe musiek.

Ná bykans vyf jaar sien haar jongste ateljee-album Hartsland vroeg in April die lig. In die aanloop tot die bekendstelling daarvan word ondersteuners bederf met die eerste enkelsnit vanaf dié album.

Druppel in die see is vanaf Vrydag, 13 Maart op digitale musiekplatforms beskikbaar en open ook voorafbestellings vir dié langverwagte album.

KLIK HIER OM DIE ALBUM VOOR AF TE BESTEL

Hartsland volg in die suksesvolle spore van albums soos Sewe Oseane, Pêrels vir ’n kroon en meer. Andriëtte moes die laaste vyf jaar verskeie uitdagings oorwin en die album is deel van die reis.

Luister hier na ’n voorskou van Druppel in die see: 

“Mense gaan beslis aanklank vind by die liedjies en ’n gevoel van positiewiteit ervaar,” het Andriëtte gesê.

“Die nuwe enkelsnit en album wys hoe Andriëtte oor die afgelope vyf jaar gegroei het as mens. Aanhangers kan gereed maak vir groot owpinding,” het Hendrik Spangenberg, bemarking spesialis by Select Musiek en Sony gesê.