Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Dié kunstenaars hou konsert ten bate van Elize Cawood

FOTO: AiG Facebook

Talle Afrikaans is Groot-persoonlikhede en ander kunstenaars gaan eersdaags kragte saamsnoer vir ’n fondsinsamelingskonsert ten bate van die aktrise Elize Cawood. 

Dié legende is verlede jaar met kanker gediagnoseer en die AiG-span het dit goed gedink om op só ’n wyse vir Elize te ondersteun. 

Die konsert word op Woensdag, 29 April in die Rockwood Teater in Pretoria Oos aangebied en kunstenaars soos Demi Lee Moore, Ivan Roux, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Dirk van der Westhuizen, Fatman, Danny Smoke, Monique, Ruhan du Toit, Corlea, Bobby van Jaarsveld, Bibi, Christel van den Berg, Lieb Bester, Refentse, Elvis Blue en vele meer sal deel vorm van die konsert. 

Elize is veral bekend vir haar rolle in onder meer films soos Liefling, Die Wonderwerker, Skemerson en meer onlangs haar rol in die kykNET-sepie, Binnelanders. Sy’s ook bekroon met ’n Fiësta vir haar lewenslange bydrae in die Afrikaanse-kunste en benoem vir ’n SAFTA (Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisie Toekennings) vir haar rol in Skemerson. Verlede jaar het sy en haar man Wilson Dunster die verhoog gedeel op Afrikaans is Groot en haar dogter Jenna Dunster is te sien in Laurika Rauch se musiekvideo Die Nostalgie

“Elize is ’n nasionale juweel, veral vir die Afrikaanse kunste,” het Barry Pretorius, die regisseur van Afrikaans is Groot gesê. “Om saam haar te kon werk op ons verhoog, was so ’n enorme voorreg. Jy voel haar teenwoordigheid en die respek wat ons vir haar het, is juis die rede vir hierdie ondersteunings-konsert.”

Deure open om 17:30 en die konsert skop om 19:00 af. Besprekings kan gedoen word op www.rockwoodtheatre.co.za of 012 368 1555 en kaartjies kos R350 per persoon. 

Vir enige navrae oor die konsert, skakel vir Ronel Brink op 082 907 5203.