Nuwe Willem Botha-album ’n samestelling van gewilde treffers, nuwe musiek

FOTO: Verskaf

Willem Botha se nuwe album, ’n Liefde soos die, is ’n samestelling van sy gewilste treffers oor die jare heen en splinternuwe treffers. 

Dié album wat uit negentien oorwurms bestaan, sluit liedjies soos Swartskaap, Soen en Vergeet, Breek op in stereo, Iemand as jou hart breek, Een shot en sy weghol-duet met Tarryn Lamb ’n Liefde soos die in.

LEES OOK: Willem Botha en Tarryn Lamb sing hartroerende liefdeslied

Laasgenoemde se musiekvideo het onlangs meer as 100 000 kyke op YouTube gekry. “Ek is ’n groot aanhanger van Tarryn en ons het al ’n hele paar keer saamgewerk, maar nie met ons eie oorspronklike liedjie nie. Ek dink sy het een van die beste stemme in die land en dis ’n voorreg dat sy net so passievol oor die liedjie is as ek self,” het Willem gesê.

’n Liefde soos die is ’n spanpoging tussen Willem, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner. “Ek het baie jare gesoek en probeer om ’n liedjie soos hierdie te skryf. Ek glo en hoop dat dit vir ander net so baie gaan beteken soos vir my persoonlik,” vertel Willem verder.

Willem se nuwe album is nou by alle goeie musiekhandelaars en digitaal beskikbaar.

Luister dit hier op Apple Music: