Dís nuut in die Universal Musiek-stal

Die platemaatskappy, Universal Musiek, het onlangs ’n hele aantal nuwe musiek vrygestel. Hier’s so ’n paar van die treffers:

Willem Botha en Tarryn Lamb – ’n Liefde soos die

’n Liefde soos die is die splinternuwe treffersnit deur twee van ons land se mees geliefde stemme – Willem Botha en Tarryn Lamb. Hierdie dinamiese duo is nie net goeie vriende nie, maar het besluit om kragte saam te snoer vir hierdie hartroerende liefdeslied.

KLIK HIER OM DIE ENKELSNIT OP ’N MUSIEKSTROOMDIENS TE LUISTER

LEES OOK: Willem Botha en Tarryn Lamb sing hartroerende liefdeslied

Kyk die musiekvideo hier:

Loufi – Ek is broke

Eerlik, diepgaande en skreeusnaaks, ons stel jou voor aan die grootste naam in ondergrondse kletsrym, Loufi. Afkomstig van die Oos Kaap, dieselfde hip-hop wêreld wat die koning van Afrikaanse kletsrym Early B en nuweling van die jaar Biggy opgelewer het. Hier kom nog ’n kunstenaar wat die fondasies van die Afrikaanse musiek gaan skud.

KLIK HIER OM DIE ENKELSNIT OP ’N MUSIEKSTROOMDIENS TE LUISTER

Kyk die musiekvideo hier:

Soné Joubert – Vergeet om my te vergeet

Die kalmerende stem van Soné Joubert het ’n gewilde gespreksonderwerp in plaaslike woonkamers geword. Sy was deel van #TeamRiana gedurende die derde seisoen van die gewilde realiteitsprogram, The Voice SA, en het die tweede plek behaal. Soné is terug met haar eie weergawe van Laurika Rauch se immergroen treffer Vergeet om my te vergeet.

KLIK HIER OM DIE ENKELSNIT OP ’N MUSIEKSTROOMDIENS TE LUISTER

Kyk die musiekvideo hier:

Deon Groot – Pienk Gin

Deon Groot se nuwe album is werklik uniek; Van die skryf tot die klank is daar deesdae eenvoudig nie iets soos dit op die mark is nie. Eers was dit wyn, nou is dit sy nuwe musiekvideo genaamd Pienk Gin.

KLIK HIER OM DIE ENKELSNIT OP ’N MUSIEKSTROOMDIENS TE LUISTER

Lees ons album-resensie hier

Kyk die musiekvideo hier:

Leandie Lombaard Bräsler – Racheltjie de Beer

Leandie Lombaard Bräsler het die lied, Racheltjie de Beer sewe jaar gelede as ’n student neergepen nadat sy gehoor het daar is sprake daarvan om ’n fliek oor Racheltjie de Beer se verhaal te maak. Die hele proses om ’n lied te skryf, om die lied op te neem en ’n musiekvideo daarvan te maak het haar baie van geduld geleer.

KLIK HIER OM DIE ENKELSNIT OP ’N MUSIEKSTROOMDIENS TE LUISTER

Kyk die musiekvideo hier: