Sharoney vat vyf oor nuwe enkelsnit, toekomsplanne

FOTO: Verskaf

Die sprankelende Sharoney het onlangs ’n nuwe enkelsnit, uit die bekroonde liedjieskrywer Jattie de Beer se pen, uitgereik. Ons het vyf gevat met dié sangeres om hieroor en oor haar nuwe album te gesels.

Jy was vir lank stil gewees. Waarmee het jy jouself besig gehou?

Die gesegde lui: “die stilte voor die storm.” In die stil wees het ek tyd gehad om te dink aan die volgende stap in my loopbaan, waarheen is my loopbaan op pad? Waarheen wil ek my loopbaan sien groei? En ook my musiek en wat ek graag in my nuwe album se musiek wil hoor. Ek het geweet dat dit tyd is vir iets anders as waaraan die Sharoney ondersteuner gewoond is, ek wil internasionale klanke in my Afrikaanse pop musiek inwerk en saam Jattie de Beer, die skrywer van 21 Vir Ewig het ons dit vermag en reg gekry. Dit was ’n wonderlike proses om van deel te wees, dit het ons baie tyd geneem, maar dit was elke minuut se harde werk die moeite werd.

Vertel ons bietjie ’n meer van jou nuwe enkelsnit, wat onlangs die lig gesien het.

My splinternuwe enkelsnit geskryf deur Jattie de Beer ook deel van die groep Douvoordag is 21 Vir Ewig en is heeltemal iets anders as waaraan Sharoney aanhangers gewoond is. Die enkelsnit is so vars en soogepas in die tyd waarin ons nou leef met musiek wat so vining ontwikkel. Die enkelsnit se klanke is baie internasionaal en dit maak my opgewonde om sulke musiek in Afrikaans te kan maak.  Die liedjie pas my en wie ek is soos ’n handskoen en ek het so gemaklik gevoel tydens die opnames, dit was so lekker om my eie stempel op die liedjie te kon afdruk.  Die enkelsnit sal ook beskikbaar wees op talle digitale platforms gereed om regoor Suid-Afrika in elke huis of kar te speel. 

LEES OOK: Só bly jy ‘21 vir ewig’ met Sharoney se nuwe enkelsnit

Hoe was dit vir jou om met ’n gesoute liedjieskrywer soos Jattie se liedjie te kon werk?

Dit was vir my ’n WOW oomblik om te weet dat ek saam met Jattie kon werk aan iets nuuts, sy kreatiwiteit is aansteeklik en hy is so op paar met waar die musiek bedryf staan. Sy skryf vermoë is ongelooflik en hy het net geweet wat ek graag in ’n enkelsnit wil hoor. Ek is ’n groot aanhanger van hul duo groep Douvoordag en luister graag na hulle musiek, nou kan ek met trots sê dat ek lewe kon gee aan Jattie se lirieke van ’n finominale enkelsnit.

Kan jy ons meer van jou nuwe album vertel?

Wel, as die eerste enkelsnit so ’n lekker ‘vibe’ het, kan ek net dink wat die nuwe album inhou. Ek sien verskriklik uit na die nuwe album en om aan nuwe liedjies te werk, ek is bevoorreg om met skrywers soos Ludik ook te werk wat tot dusver op albei my vorige albums ook geskryf het. Die nuwe album maak my opgewonde en sien uit na pop belaaide treffers uit die penne wat skrywers wat uitsonderlik goed is in die skryf van Afrikaanse pop musiek.

Waarna sien jy die meeste uit op die album?

Die lekkerste, maar mees senuwee agtige deel van ’n nuwe album moet die opname proses wees. Om in studio te wees gee jou die kans om die lirieke in te kleur en lewe te gee, terselfde tyd wil jy hê elke ‘take’ moet perfek wees en spandeer ure aan een in die studio om elke noot en liriek tot perfeksie te lewer. Die studio is rou en dis net jy, jou lirieke en instrumente. Dis waar die ‘magic’ gebeur.

Hou gerus Sharoney se sosiale media dop vir meer oor haar opkomende nuwe album.