Dié sangers eersdaags in Polokwane te sien
FOTO’S: Verskaf
Die inwoners van Polokwane kan uitsien na ’n handjievol sangers wat eersdaags ’n draai maak in die stad. Hier’s ’n paar datums om aan te teken:
8 Februarie 2020: Demi Lee Moore
Demi Lee Moore, wat onlangs ’n Country-album die lig laat sien het, is op Saterdag, 8 Februarie 2020 te sien by Bradburys Estate. Hekke maak om 15:00 oop en die konsert skop om 19:00 af. Kaartjies kos R120 per persoon en is beskikbaar by Absolute Doors in Marshallstraat 324. Kosstalletjies sal ook beskikbaar wees. Vir meer inligting kontak vir Linda op 082 627 7312 of Bennie op 083 302 4933.
LEES OOK: Demi Lee Moore roer harte met Country-gunstelinge

28 Februarie 2020: Appel
Die Nonna-sanger, Appel, gaan inwoners op Vrydag, 28 Februarie 2020 by Hoërskool Pietersburg vermaak. Die vertoning skop om 19:00 af en kaartjies kos R2000 vir ’n tafel van 10 mense.

27 Maart 2020: Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr sing op Saterdag, 27 Maart 2020 van die grootste Country-treffers vanaf sy nuwe album The Country Collection Volume 3 by die Polokwane Internasionale Lughawe (Gateway) se hanger. Kaartjes vir dié konsert kos R180 per persoon en deure maak om 18:30 oop. ’n Kontantkroeg is beskikbaar en worsrolle sal ook te koop wees. Daar sal ongelukkig géén kaartfasiliteite wees.

Bron: Polokwane Review