Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Brendan Peyper is so ‘sterk soos ’n leeu’

FOTO: Verskaf

Brendan Peyper, die jong kunstenaar wat bekend is vir sy passie vir musiek en die vermoë het om mense te inspireer met sy musiek, is terug met ’n nuwe enkelsnit. Dié enkelsnit, wat Sterk soos ’n leeu heet, is ook die titelsnit van sy jongste album, wat later vanjaar vrygestel word.

Brendan spog met ’n rits inspirerende treffers agter sy naam soos Klim jou Everest en die mees onglagse Ons maak saak – ’n treffer met Elandré, Refentse en Christia Visser. 

Sterk soos ’n leeu bou voort op Brendan se inspirernde trant, met ’n video wat ’n sterk boodskap, om jou vrese te oorkom met die bekende Brendan-stempel oordra.

Sterk soos ’n leeu is geskryf deur Niel Schoombee en Brendan self en sal jou dadelik op jou voete kry. 

Luister na ’n voorskou:

Brendan Peyper se nuwe album word op 3 April 2020 by Loftus Park in samewerking met Pretoria FM aangebied en dis heeltemal gratis. Teken beslis die datum vandag nog aan.