Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Armand Hofmeyr vier tien jaar met ’n nuwe album

FOTO: Verskaf

Armand Hofmeyr is ’n naam wat weerklink by talle Suid Afrikaners. Met sy nuwe album vier Armand sy tiende jaar in die industrie met treffers soos Kitty, Lekkerlyf, Pa en Seun met Steve Hofmeyr  en sy splinternuwe enkelsnit Suid-Afrika om net ’n paar te noem.

Die treffers op die album is ’n samestelling van sy aanhangers, radiostasies en Armand se gunstelinge.

Armand het einde 2019 sy nuwe enkelsnit Suid-Afrika vrygestel. Die video het binne ’n paar dae byna 50 000 kyke op YouTube bereik.

Kyk die video hier: 

“Suid Afrika lê my baie naby aan die hart. Die liedjie gaan oor almal wat ’n beter lewe in Suid Afrika verdien en hoe meer ons dit spreek hoe vinniger sal dit verander. Die album is ook om dankie te sê aan almal wat my die afgelope tien jaar ondersteun het, sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie! Ek gaan aanhou musiek maak en die volgende 10 jaar gaan nog groter wees,” het Armand gesê.

Armand se nuwe album is nóú landwyd beskikbaar en ook op digitale musiekplatforms. Luister dit hier op Apple Music: