Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Kry só ’n persoonlike video-boodskap van jou gunstelingster!

FOTO: Verskaf

Die dae toe jy met jou swart notaboekie in ’n langry vir ’n handtekening van jou gunstelingmusieksterre gewag het is verby. Want nou kan jy met die hulp van myFanPark in ’n japtrap ’n persoonlike video-boodskap deur jou guntselingster versoek. 

“Ek het in 2019 Lisbon besoek en my haarkapper het my gesmeek om by een van die bekende barbier of salonne aan te klop om net ’n plakkaat of koffie beker saam te bring. Ek het toe sommer die barbier se arm gedraai om ’n spesiale video-boodskap op te neem. Die skok, verbasing en absolute histerie van my haarkapper het die saadjie vir myFanPark geplant,” vertel Wouter Lombard, die persoon wat myFanPark ontdek het. 

Wouter vetel dat hy dadelik sy werksvennoot en haar man genader het met die idee toe hy terug keer na Kaapstad. “En kyk nou net – ’n jaar later en die idee het waarheid geword.”

Om ’n video-boodskap aan te vra of te koop is so eenvoudig soos 1, 2, 3. Besoek www.myfanpark.com en vind jou gunstelingster – van rugby en sport helde, TV en filmsterre, tot komediante, sjefs, modelle en DJ’s! Daar is al amper 200 verskillende sterre om van te kies. Vul dan ’n versoek vorm in, en laat die ster weet vir wie die boodskap is, wat die geleentheid is of wat jy graag wil hê hulle moet sê. Dit is regtig so ’n unieke geskenk om vir iemand te gee vir enige okkasie – van gelukwense, woorde van motivering en inspirasie, of vir opbeuring in moeilike tye, tot dankie, lief vir jou, of sommer net vir die pret. Binne sewe dae sal jou video-boodskap per WhatsApp aan jou afgelewer word.

Francois van Coke, Brendan Peyper, Bok van Blerk, Minki van der Westhuizen en selfs Riaan Cruywagen is van die bekendes waar uit gekies kan word. “Manne soos Faf de Klerk, Eben Etzebeth en Jesse Kriel is baie in aanvraag en die komediante Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries doen baie snaakse videos vir hul ondersteuners. Baie van die sepie-sterre van 7de Laan, Binnelanders, Suidooster en Getroud met Rugby is ook op ons platvorm,” vertel Wouter verder.

“Hoe meer sterre deel is van myFanPark, hoe meer kan ons elke dag mense se lewens ophelder en selfs verander deur die krag van woorde en boodskappe van bekendes en helde.”

Vir meer besonderhede en opdaterings oor myFanPark besoek gerus hul sosiale media blaaie op Facebook, Twitter, Instagram of Linkdin. Alle navrae kan per e-pos aan wouter@myfanpark.com gerig word.