Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Pieter Koen is terug met ’n nuwe musiekversoekprogram

FOTO: Verskaf

Die immergewilde Pieter Koen is terug op die kassie in Desember vir twee baie spesiale uitsendings om jou spesiale musiekvideoversoeke aan jou geliefdes te speel in sy nuwe musiekversoekprogram, MusiekBox

Die uitsendings van MusiekBox vind regstreeks plaas op 24 Desember en 31 Desember 2019.  Die beste van alles is dat, dit geheel en al verniet is! Jy kan regstreeks saamkyk op BokTV of saamluister op Bok Radio op 98.9FM.

Op 24 Desember 2019 begin die regstreekse uitsending om 19:30 en Pieter kuier met Kersvader wat almal se Kersfeeswense en boodskappe gaan lees. Daar is ook ’n heerlike speellys met Afrikaanse Kersliedjies om almal in die regte gees te kry vir die Feestyd! Kykers kan hulle versoeke instuur op sosiale media, of SMS na 39989, Whatsapp na 074 2000 989 of sommer net inbel na die ateljee op 0860 084 074. 

Op 31 Desember 2019 begin die regstreekse uitsending om 21:30 en ons hou ’n lekker Oujaarspaartie met ’n vuurwarm speellys gevul met vrolike musiek. Kykers kan hulle versoeke instuur op sosiale media, of SMS na 39989, Whatsapp na 074 2000 989 of sommer net inbel na die ateljee op 0860 084 074. Ons tel regstreeks saam met Pieter die Oujaar uit.

MusiekBox is terloops ook dan tans die enigste program wat ’n regstreekse aftelling van die Oujaar doen in Suid-Afrika!

Hier’s die speellyste:

SPEELLYS 24 DES 2019:

1. Pieter Koen & Amor Vittone – Ons Liefde is soos Kersfees

2. Lianie May – Sneeuman

3. Afrikaans Herlaai – Somerkersfees

4. Nicholis Louw – Jesus gaan verjaar

5. Kurt Darren – Slaap my kind

6. Jak de Priester – Kersfees in Kaapstad

7. Kevin Leo & Jakkie Louw – Kom alle getroues

8. Die Broers – Bethlehem Stêr

9. Die Campbells – Jannie Jattie

10. Die Heuwels Fantasties – Pille vir Kersfees

11. Simeon – Dis Kersfees vir My

12. Shine 4 – Nou’s dit kersfees

13. Kersfees Bekoor – Stille Nag

14. Verskeie kunstenaars – Kersfees regoor die wêreld

15. Chanell van der Bergh – Kersfees Vader

16. Dozi – Krismis Liggies

17. Hi5 – Die Geskenk

18. David Fourie & Amanda Luyt – Kerfees keurspel

19. Johan C Venter – Daarom vier ons Kersfees

20. Verskeie kunstenaars – Bokradio Kerstyd Musiekvideo

SPEELLYS 31 DES 2019:

1. Kurt Darren – Sexy

2. 4Werke – Bietjie Meer Van Jou

3. Jay & Lianie – Da Vat Hy

4. Pieter Koen – Boobs boude bene

5. Dirk van der Westhuizen – Sexy vi my

6. Fatman – Dorp toe

7. Theuns Jordaan & Juanita du Plessis – Hart vol drome

8. Danny Smoke – Jou Lippe

9.  Bok van Blerk & Appel – Wys my jou lemoene

10. Brendan Peyper – Jy laat dit maklik lyk 

11. Pieter Smith – Stukkie van der Merwe 

12. Ricus Nel & Snotkop – Boerepompie 

13. Karlien van Jaarsveld – Geskeurde Jeans

14. Gerhard Steyn – Afrikaanse Meisies 

15. Juan Boucher – Hoe weet jy wie ek is

16. Biggy – Dames 

17. Early B- Potte 

18. Heuwels Fantasties – Beloofde Land

19. Klipwerf Orkes – Wie se kind is jy

20. Ray Dylan – Warm Girls en Koue Bier

21. Elandre – Vuur op die water

22. Posduif – Laat val die water

23. Appel – Nonna

24. Deon Groot – Wyn

25. Jan Raap – Ramskilpad

26. Andries Vermeulen – Lospit Lolla

27. Frikkie – Visgat

28. Jan Jan Jan – Wys Jou Vleis

29. Snotkop – Pens en Pootjies

30. Shine4 – So elektries