Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Die Heuwels Fantasties bederf met twee enkelsnitte vir die somervakansie

FOTO: Liam Lynch

Twee lekker sorgvrye treffers wat daai rooigebrande litte op die vakansie-strande behoorlik gaan losmaak is onlangs deur Die Heuwels Fantasties (DHF) uitgereik. En moenie dink ons praat nou van liedjies wat die dansvloere laat kook nie – want as die son sak raak dit mos net nóg lekkerder!

Doin’it right is DHF se eerste Engelse enkelsnit. “Om een of ander rede was ons keen om ’n Engelse song op te neem. Doin’it right is ’n regte ‘gone-clubbing banger’, dit laat my soos ’n wenner voel,” het Hunter Kennedy gesê.

Die liedjie is vroeër vanjaar by Sunset Studios in Stellenbosch opgeneem. Die band het dit daarna vir hul vriend Pierre Pressure in Namibië gestuur. “Hy is baie vernuftig met die produksie van dans-musiek,”  verduidelik Fred den Hartog. “Ons hou baie van wat hy met die song gedoen het. Met Pierre Pressure agter die knoppies, het die Heuwels seker gemaak die beat skop agter die melankoliese love-song melodië en lirieke.”

Luister Doin’it right hier:

Mejuffrou Sonneblom is ’n  lekker 90’s throwback song. Of soos Hunter dit stel: “Voel vir my soos ’n somerbries-swembad-partytjie.” DHF het op hierdie liedjie saam met Rudolf Willemse, Potchefstroom se mees talentvolle musiek-regisseur gewerk. “Mejuffrou Sonneblom is ’n rollercoaster van emosies wat jou kop laat wip tussendeur die 80’s cinema beats en Hunter Kennedy se masjiengeweer lirieke. Nostalgie en Suid Afrikanismes is weer eens die temas wat voorkeur geniet in hierdie never-been-done-before klank vir Heuwels Fantasties,” het Hunter gesê.

Kyk die musiekvideo vir Mejuffrou Sonneblom hier: 

Die twee nuwe liedjies volg kort op die hakke na DHF se onlangse enkelsnit uitreiking Jy Stel My Teleur wat tans op verskeie top 20- trefferlyste pryk. ’n Vollengte album word vroeg volgende jaar uitgereik.

LEES OOK: Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit stel nie ‘teleur’ nie 

Die Heuwels Fantasties Desember-kustoer:

4 Desember: Plett Rage.

5 Desember: Jolly Dolphin, Jeffreysbay

7 Desember: The Goodlife Pretoria met Spoegwolf, Wonderboom ens.

26 Desember: Jolly Dolphin, JBay Rocks.  

27 Desember: The Stables, Stilbaai. Met Jack Parow, Early B en meer.

31 Desember: Van Riebeeck Stadium Mosselbaai. Met Jack Parow, Early B en meer vir Alternatief is Groot.