Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Georic Lomas laat sterre met sy nuwe enkelsnit verskiet

FOTO: Verskaf

Ná hy die Suid-Afrikaanse musiekbedryf oorrompel het met lekkerkry musiek wat aanhangers op hul voete gehad het, is Georic Lomas terug met ’n Afrikaanse enkelsnit, Wanneer Sterre Verskiet. In dié liedjie beskryf hy die warboel van emosies wat elkeen deurgaan as hul in ’n verhouding is.

“Ek is so opgewonde om weer vir die eerste keer na twee jaar ’n Afrikaanse liedjie vry te stel,” het Georic opgewonde vertel.

“Ons almal weet dat ’n verhouding, veral aan die begin, sommer ’n klomp emosies by ’n mens wakker maak en met dié liedjie neem ek die luisteraar saam met my op reis om al dié gevoelens te ervaar,” het hy oor sy liedjie vertel.

Wanneer Sterre Verskiet is ’n bewys dat Georic se ster nog nie verskiet het nie en dat ons hierdie somer lekker bederf gaan word as die klanke van dié treffer klink. Die ritmiese klanke word verder onderstreep deur die klank van vingers wat klap en aanhangers gaan ook wil saam klap en dans dié feesseisoen.

Luister hier na ’n voorskou:

Die 22-jarige Georic het veral bekendheid verwerf met sy treffer, Bazaruto. Dié jong ster is ook ’n kranige akteur wat in 2013 die rol van Morné in die Afrikaanse musiekfilm, As jy sing, vertolk het.

Dié liedjie is reeds op alle digitale platforms beskikbaar. Die musiekvideo vir Wanneer Sterre Verskiet is ook reeds verfilm en word binnekort vrygestel.