Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Dirk van der Westhuizen ‘maak ’n ding lekker’ met sy nuwe enkelsnit

 FOTO: Verskaf

Die sanger, Dirk van der Westhuizen, wat opslae gemaak het met treffers soos Gooi jou suiker op my, Sexy vi My, Stoom en Net so mmm het onlangs aangesluit by die Sony en Select Musiek-span.

Sony en Select Musiek is ook die huis van bekendes soos Kurt Darren, Liezel Pieters, Refentse, Brendan Peyper, Elandré en vele meer.

En dis nie ál goeie nuus wat Dirk vir sy aanhangers het nie. Saam met die Sony en Select Musiek-span het hy sy nuwe enkelsnit Goochy Rokkie (Maak ’n ding lekker) uitgereik.

Dié enkelsnit volg in die voetspore van sy kenmerkende pop-dansmusiek wat almal op die dansvloer tot sonop laat boer.

Luister hier na ’n voorskou:

Goochy Rokkie (Maak ’n ding lekker) is vervaardig deur DJ Skeady. DJ Skeady was ook verantwoordelik vir die vervaardiging van treffers soos die Tennis Tune en Sout & Peper.

Dirk se nuwe enkelsnit is nóú op alle musiekplatforms beskikbaar.