Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Demi Lee Moore roer harte met Country-gunstelinge

FOTO: Willem Botha

Met haar engelstem wat jou meesleur en telkemale op ’n emosionele reis neem, gaan Demi Lee Moore nóg dieper in musiekliefhebbers se harte kruip met haar album, Country, wat pas vrygestel is.

Die liedjiekeuse op dié album sal Country-aanhangers noot na noot bevredig soos sy ou goue treffers met haar eie unieke aanslag vertolk.

’n Splinternuwe duet saam met Steve Hofmeyr, When You Say Nothing At All, is ook ingesluit op dié album en aanhangers kan regmaak vir dié twee kunstenaars se stemme wat saamsmelt in ’n musikale triomf. Na hul eerste duet, Amanda, het aanhangers telkemale nóg musiek van hulle twee saam versoek en met dié duet stel hul beslis nie teleur.

Nóg ’n hoogtepunt is die duet saam met Arnold Coleske, direkteur van Coleske Artists en voormalige lid van die SAMA-bekroonde duetpaar, Coleske. Hulle vertolk die eertydse treffer If I Needed You

“Arnold was die eerste persoon om werklik in my te glo en dit is vir my so ’n groot eer om ’n duet saam met my mentor te kon opneem,” vertel Demi Lee in die bedankings.

Country-liefhebbers gaan ook Demi Lee se vertolkings van Neon Moon, oorspronklik gesing deur Brooks and Dunn, The Kelly Family se Because It’s Love, Help Me Make It Through The Night van Kris Kristofferson, Lynn Anderson se Rose Garden, en Seven Spanish Angels, ’n duet met Riaan Benade, kan geniet. 

“Country-musiek lê my baie na aan die hart en dis so ’n sielvolle genre,” het Demi Lee gesê.

Volgens haar geniet sy dit vreeslik om die stories oor te dra wat so eie is aan dié musiek.

“Ek kom uit ’n huis waar daar baie na musiek geluister is en dit is veral my sussie, Aimee, wat my Pa se voorliefde vir Country-musiek laat voortleef het. Ek is so dankbaar daarvoor want dis hoe ek ook lief geword het daarvoor,” het sy vertel.

Met die vrystelling van haar debuutalbum, Mis Eet Slaap Herhaal, kon winkels nie voorbly met voorraad nie en ekstra kopieë moes inderhaas aan winkels verskaf word. Dié album het binne tien dae na vrystelling goue status behaal nadat sy by die gesogte Afrikaans is Groot-konserte as wenner van Die Kontrak, realiteitsangkompetisiewat wat op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai is, aangekondig is.

Country is nou by alle goeie musiekhandelaar te koop. Dié album kan ook digitaal op musiekplatforms afgelaai of gestroom word.

Luister hier op Apple Music: