Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Bring jou ‘pens en pootjies’ vir dié Snotkop-somertreffer

FOTO: Verskaf

Snotkop, Afrikaanse musiek se nommereen ‘streaming’-kunstenaar, gaan die jaar afsluit op ’n hoë noot met sy treffer Pens en Pootjies.

Dié kunstenaar, wie bekend is vir van die grootste partytjietreffers, gaan met sy jongste uitreiking bewys waarom dié stelling jaar-na-jaar só waar is.

Pens en Pootjies is vars en beloof om ’n kreet vir elke dansvloer en somerspeellys te wees.

Die liedjie fokus op insluiting, maak nie saak wat jou grootte is. Met die liedjie moedig Snotkop luisteraars aan om hulself lief te hê en te wys dat ’n mens jouself kan vier in elke aspek van die lewe.

Die video doen die tema gestand met ’n magiese ‘kazoo’ wat die storie van hoe om in jouself te glo, glowaardig uitbeeld.

Kyk die musiekvideo hier:

Bring jou pens en jou pootjies vir een groot treffer!