Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Carina se musiek beloof om ‘vas te haak in jou kop’

FOTO: Verskaf

Ek haak nog steeds vas by jou is verseker ’n liedjie wat in ’n mens se kop sal vas haak. Dié liedjie is Carina se eerste tree in die Afrikaanse musiekwêreld. Die debuutwerk praat van wedersydse gevoelings wat nooit tot ’n verhouding kom nie. Die persoonlike lirieke uit Carina se pen ontbloot die onsekerheid wat saam met “wat-as” liefdes gaan. Die musiek het egter ’n ligte, up-beat styl, wat in die luisteraar se oor vas haak.

Die snit is verwerk en vervaardig deur Oriison productions Joshua Oosthuizen. Joshua is ’n ervare klankingenieur wat al gewerk het met kunstenaars soos: Peter Hoven, Eva Morgan, Tanya V en Renée.

Carina is ’n nuweling in Afrikaanse musiek, maar nie ’n vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld nie. Met ’n graad in westerse kunsmusiek en jare se musiekmaak, spog sy met ’n ryk agtergrond in die kunste. Pas na die voltooing van haar studies, leef sy nou haarself op verskeie musikale maniere uit en deel graag die avonture op haar YouTube-kanaal.

Kyk hier na een van die videos: 

Carina is passievol oor alle vorme van musiek. Haar filosofie is dat musiek grense moet oorskrei en toeganklik moet wees vir die gewone luisteraar. Daarom skryf sy liedjies in ’n relevante, ligte styl wat temas aan spreek waarmee enige een kan vereenselwig. Meer van die liedjies sal binnekort beskikbaar wees.

Hier’s die lirieke van die liedjie:

Vroeёr die kwartaal het Carina en Jaid River ’n vertoning by Café Barcelona in Pretoria aangebied. Dieselfde program sal op 27 Desember in George uit gevoer word, waar jy die liedjie lewendig sal kan hoor. Carina is te sien en te hoor by verskeie klein venues in en rondom Pretoria.