Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Francois van Rensburg se nuwe enkelsnit is hier

FOTO: Verskaf

Almal van ons trap soms skeef, verloor dan momentum en land met ons gesig in die modder. Francois van Rensburg se nuwe enkelsnit, Ewewig, is ’n liedjie wat handel oor hoe belangrik dit is om op te staan, die stof af te skud en weer ’n keer jou balans te vind. 

Dié enkelsnit kom uit Francois se eie pen, met musiekverwerkings deur Wouter van de Venter. Die stemopname en finale meng is behartig deur Roelof Bouwer.

Die enkelsnit is op alle musiekplatforms en eersdaag op jou gunsteling radiostasie te hoor. 

Hier’s die lirieke: 

In die lewe is dit moeilik om vir net een ding te staan 

As die wêreld wit en swart lyk maar uit grys eintlik bestaan 

Verloën jy nog ‘n vriendskap deur jouself eerste te plaas 

Of glo jy dit wat eg is sal die waarheid self kan baan 

Want ek kyk na die lewe vanaf elke kant 

Wat bo lyk is soms onder dis die laaste een wat kan 

Vertel van sy verhale al het deure toegeslaan 

En sodra die opgee oor is kom die dans 

Vind jy weer jou balans 

In my ore hoor ek stemme wat soos een man vir my skree 

Die een sê ek moet voort gaan maar die ander een sê nee 

Dan maak ek weer my oë toe en ek luister na my hart 

Hy vertel my wat hier aangaan hy word diwels // onderskat 

Want ek kyk na die lewe vanaf elke kant 

Wat bo lyk is soms onder dis die laaste een wat kan 

Vertel van sy verhale al het deure toegeslaan 

En sodra die opgee oor is kom die dans 

Vind jy weer jou balans 

Kyk om jou na elke harmonie 

Vertrou jouself vat dan net weer ‘n kans en vind balans 

En kyk weer na die lewe vanaf elke kant 

Wat bo lyk is soms onder jy’s die laaste een wat kan 

En sodra die opgee oor is kom die dans 

Vind jy weer jou balans 

Kyk om jou na elke harmonie 

As jy aanhou soek sal jy die antwoord sien 

Vertrou jouself vat dan net weer ‘n kans 

En vind jou balans 

As jy aanhou soek sal jy die antwoord sien 

Vertel van jou verhale al het deure toegeslaan 

En vind balans 

© Francois van Rensburg