Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Jauni M se nuwe enkelsnit perfek vir jou ‘troudag’

FOTO: Verskaf

Jauni M het gedurende Junie 2019 haar debuut-album, Niemand Anders, uitgereik en daarmee bewys dat sy nie gebonde is tot ’n spesifieke styl nie. Die album wat grotendeels oor die liefde en die verskillende keuses wat daarrondom gemaak moet word gaan, het ’n volwasse kontemporêre klank en het reeds twee suksesvolle enkelsnitte opgelewer.

Niemand Anders en Liefde soos Dagbreek was die eerste twee enkelsnitte wat vrygestel was vanaf hierdie solo-album en kan steeds gereeld oor radiostasies landwyd gehoor word.

LEES ONS ALBUM RESENSIE HIER

Nou, reik Jauni M die derde en laaste enkelsnit vanaf hierdie album aan radio landwyd uit. Kans  van ’n leeftyd is geskryf deur Emil Struwig en opgeneem deur Sean Manley en Zanda Traut by Manley Recording Studios. 

Kans van ’n leeftyd  is ’n romantiese lied wat verseker op troues gehoor gaan word. Almal soek “die een”. Daardie deksel vir jou pot. Daardie kans om ’n leeftyd saam met daardie spesiale persoon te kan deel. Met hierdie liedjie vra die persoon vir sy of haar maat om ’n leeftyd saam te deel. Om ’n rots te wees en om die een te wees vir wie hy of sy wil bestaan en oor wil droom.

Luister hier na ’n voorskou:

“As ek die storie van die lied moet uitbeeld sal dit wees waar twee mense voor die kansel staan en vir mekaar vra om ’n leeftyd saam te deel. Om ’n kans te vat om ’n pad te stap … en dan kom die antwoord …. JA! En so vat hulle saam die Kans van ’n leeftyd,” sê Jauni. 

Hierdie liedjie is ook beskikbaar op Jauni M se album, Niemand Anders.