Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Die Kontrak se Tasha se eerste enkelsnit is ’n ‘uitsondering’

FOTO: Willem Botha

Toe Tasha die gewilde VIA-werklikheidsreeks Die Kontrak verlede jaar moes groet, het sy dadelik planne beraam om terug in die “musiek hoofstad” – Pretoria te kom, om haar droom as sangeres na te jaag.

HIER’S ’N TERUGBLIK NA TASHA SE TYD OP DIE KONTRAK

En nou ’n jaar later spog sy met haar heel eerste enkelsnit uit die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, se pen. Die Uitsondering het dadelik Tasha se aandag getrek… “Toe ek die liedjie gehoor het, was ek onmiddelik mal daaroor en ek het vir Arnold gesê dat dít die liedjie is wat ek wil sing. Dit het ’n pragtige boodskap en dis ’n tipiese liedjie wat ’n mens se siel roer en iets waarmee almal definitief mee kan relate,” vertel Tasha.  

Luister hier na ’n voorskou:

’n Musiekvideo wat by die Upside Down-huis in Harties verfilm is, is ook eersdaags op YouTube te sien. “Dis baie interessant, die konsep het so mooi gepas by die liedjie met die hele onderstebo huis en dis definitief iets uniek (waarvoor ek natuurlik lewe) en boonop het ons so ’n prettige dag gehad!”

Tasha beskryf haarself as ’n regte boekwurm, wat mal daaroor is om te skryf, en dinge te doen saam met die mense vir wie sy lief is. Sy sal graag saam met iemand soos Laurika Rauch of Douvoordag ’n duet wil doen en internasionaal saam met Cher. “Cher was my top inspirasie as ’n klein dogtertjie en ek kon elke woord saam sing nog voor ek kon praat! A.g.v haar het ek geweet ek wil dit doen vir die res van my lewe.”

En wat weet ons nie van Tasha? “Ek kan ’n hele stuk pizza op een slag in my mond druk (eet kompetisie klink vir my na ’n plan) 🥰😁,” skerts sy.

Vir nou weet sy nie wat die toekoms in hou nie, maar is oor een ding seker: sy’s op die regte pad. “Ek wil graag my loopbaan laat groei en aanhou om musiek te maak wat ek voel mense sal geniet en waardeer! Ek wil ’n motivational speaker wees en kinders en jong mense van oral help,” sluit Tasha af.

Die Uitsondering is vanaf 1 November op digitale musiekplatforms en eksklusief op die Afrikaans is Groot volume 12 versamelalbum landwyd beskikbaar.