Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Nicholis, Liezel se ‘world in union’ nou beskikbaar

FOTO: Verskaf

Die bekroonde en veelsydige superster, Nicholis Louw, en die uiters begaafde en talentvolle sangeres, Liezel Pieters, het gedurende September 2019 ’n hartroerende weergawe van die 1995 PJ Powers en Lady Smith Black Mambazo-treffer, World in Union vrygestel.  

Dit het aanhangers se asems weggeslaan en kan gereeld oor die klankgolwe van  radiostasies landswyd gehoor word. Nou is daar goeie nuus! Hierdie hoendervleismooi weergawe is ook nou op digitale platforms beskikbaar!

LEES OOK: Nicholis, Liezel sing ikoniese PJ Powers en Lady Smith Black Mambazo-treffer 

Nicholis Louw en Liezel Pieters se stemme vul mekaar perfek aan in hierdie unieke emosieblaaide weergawe van World in Union. Die lied is ’n merkwaardige huldeblyk aan ’n sportsoort met ’n ryk kultuur en tradisie nie en sal luisteraars ook daaraan herinner om saam te staan in ’n wêreld waar situasies soms hopeloos lyk. 

Luister na ’n voorsmakie: 

Dit is beslis die perfekte manier om die 2019 Rugbywêreldtoernooi op ’n hoë noot af te sluit en ’n moet-hê-snit vir elke rugbykuier se musieklys.