Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Jan Jan Jan ‘wys hul vleis’!

FOTO: Verskaf

KleinJan, FrisJan en LangJan, beter bekend as Jan Jan Jan is Suid Afrika se splinternuwe Boere-boyband! 

Nadat dié drie manne sosiale media aan’t gons gehad het as modelle en ambassadeurs van die Boerboel Wear-klerereeks, is hulle nou besig om verder te verras met hulle musikale vernuf. 

Luister na ’n voorskou:

Wys jou vleis is hulle tong-in-die-kies debuut-enkelsnit, verwerk met ’n baie tradisionele Boeremusiek-ondertoon. Dis klassiek, prettig en wys hierdie jong manne kan Boeremusiek net so goed speel soos enige gesoute musikant. 

Hierdie snit word ook vrygestel saam met ’n remix en ’n video om die Wys jou vleis-ervaring verder te komplimenteer. Op ’n baie unieke manier sal hierdie snit uitstaan veral onder veral tradisionele boeremusiek liefhebbers, maar dan is daar ook die remix om die jonger generasie se voete te laat jeuk!

Kyk die skreeusnaakse musiekvideo:

Wys jou vleis het al die bestanddele om ’n somer weghol treffer te word!