Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Alwie en Carmen skep eerlike, sielsmusiek

FOTO: Verskaf

Alwie Carstens en Carmen Basson beskryf hulself as ’n storieverteller-duo wat met akoestiese kitaarklanke, gekombineer met hulle vertellinge oor hulle lewens ervarings, wil sorg dat die luisteraar ’n soort musikale medereisiger word wat hul op ’n musikale kronkelpaadjie volg.

Met hulle eerste enkelsnit, Herfstyd in die Vrystaat, wil hulle graag eerlike, tydlose musiek skep wat die luisteraar se siel sal aanraak. “Musiek is vir ons ’n kreatiewe uitlaatklep en ’n manier om mense aan te raak,” verduidelik Alwie.

Hefstyd in die Vrystaat vertel die storie van iemand wat elke jaar terug keer na haar huis toe in die Vrystaat. Haar siel vind vrede op hierdie plek en daar word gesing oor al die mooi wat sy rondom haar beleef.

Elkeen van Alwie en Carmen se liedjies het ’n plek waar hul veilig kan voel. “Met hierdie liedjie wil ons die luisteraar terug neem in hul verbeelding na hierdie plek van veiligheid en al die positiewe emosies laat ervaar wat met die knus gevoel gepaard gaan,” vertel Carmen. 

Herfstyd in die Vrystaat kan nou oor radiostasies landwyd gehoor word. 

Kyk die liriekvideo hier: 

Herfstyd in die Vrystaat is op 18 Oktober 2019 amptelik bekend gestel en die video is al meer as 6500 keer op Facebook gekyk.