Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Blackie Swart se nuwe album so goed soos ‘boeretroos’

FOTO: Verskaf

Die gewilde sanger en liedjieskrywer Blackie Swart is terug met ’n splinternuwe album –Boeretroos

Hy dra dié album op aan die spesiale mense wat saam met hom gewerk het aan die opnames en veral vir  sy pa, die mens wat hom die meeste geïnspireer het en hom gehelp het om sy liefde vir boeremusiek te kweek.

Blackie het bekendheid verwerf in 1998 vir sy treffer Liewe Lulu en daarna net weghol sukses behaal. Met hierdie album bewys hy net weer hoekom hy talle goue, multi- goue en platinum toekennigs gekry het.

Boeretroos bevat 13 snitte soos Beautiful in Suidwes, As Piet vir Karlientjie, Mandjiedans: Witmosselskoffel, Blou Bul Golfdag én ’n nuwe weergawe van Liewe Lulu. Die album is gepak met treffer op treffer.

Skuif weg die tafels want met hierdie album gaan jy net wil skoffel!

Boeretroos is nou landwyd en aanlyn op die Gaan Groot-musiekwinkel beskikbaar.