FOTO: Verskaf
John James het onlangs op die plaaslike Afrikaanse musiektoneel verskyn met hulle debuut-verskyning by die gewilde Krone 6-konserte, toe hulle duisende aanhangers se harte gesteel het.
Hulle eerste enkelsnit Ek is meer werd het bewys hulle is nie net nog ’n boyband nie, maar ’n unieke kombinasie van sang en kletsrym – met ’n boodskap vir jongmense.
Hulle splinternuwe enkelsnit, Nintendo, handel oor jonkwees, verlief wees en al die speletjies wat daarmee saamgaan, verwerk en saamgestel met ’n internationale pop-klank.
Luister na ’n voorskou:
Hierdie enkelsnit wys weer ’n ander kant van John James, en hulle diversiteit as liedjieskrywers, maar ook met al die regte bestandele om Nintendo te stoot tot bo aan die ranglyste!
Die enkelsnit is nóú op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.