Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Ampie se nuwe musiekvideo vang Namibiese-landskap vas

FOTO: Verskaf

Die liedjieskrywer en musikant, Ampie, se onlangse besoek aan Namibië het meer opgelewer as wat hy verwag het. Tussen die duine van die Skedelkus en die Kunene rivier het hy die woorde vir sy nuwe enkelsnit gevind. Namib Woestyn vertel die storie van Namibië en sy landskap.

Namib Woestyn het nostalgiese lirieke wat beloof om die luisteraar op Ampie se reis langs die Atlantiese oseaan, verby Windhoek en Swakopmund, langs Hentiesbaai en die Skedelkus tot by Puros en Palmwag te meesleur. “Dit is ’n lekker saamsingtreffer met ’n country-poptoon wat ideaal is vir ’n padlangse reis,” vertel die sanger.

Ampie se nie-kommersiële styl is altyd eerlik en ’n storie wat vertel word met diepte is weer eens kenmerkend in sy nuutste enkelsnit. 

’n Musiekvideo vir Namib Woestyn met foto’s wat tydens die reis geneem is, is pas uitgereik. Dié video is vervaardig deur Christiaan Wolf. Benewens die musiekvideo, beplan Ampie nog ’n paar nuwe liedjies en vertonings op plekke waar hy nog min of selfs nooit vantevore was nie. 

Kyk die musiekvideo eksklusief hier: