FOTO: Verskaf
Die sanger Pieter Marcato, wat veral bekend is as lid van die musiekgroepe EON en Marcato, se heel eerste enkelsnit as solo-kunstenaar is pas vrygestel.
Dié enkelsnit, wat As jy vra heet, gaan oor verhoudings. “Dit gaan daaroor dat mens na mekaar moet luister en mekaar ’n kans moet gee,” het hy gesê.
Luister na ’n voorskou:
Pieter Marcato het aan die begin vroeër vanjaar met sy sololoopbaan begin nadat hy oor die jare sy merk in die musiekbedryf gemaak het deur harde werk, sy passie vir musiek en deursettingsvermoë. Musiek het nog altyd ’n groot rol in Pieter se lewe gespeel en hy beaam homself nou ook as liedjieskrywer.
Wanneer hy egter nie agter die mikrofoon inskuif nie, hou hy himself besig as stigter van Legato Records – hy’t immers klankingeniuerswese studeer.
“Musiek is in alle opsigte deel van my lewe en ek is in my element wanneer ek die passie aan ander mense kan oordra – in watter vorm dit ook al mag wees. Musiek is een van die dinge wat mense bymekaar kan bring en dis vir my ’n eer om deel te wees daarvan,” vertel Pieter.
As jy vra is nou op digitale musiekplatforms beskikbaar.