Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Janie Bay en Early B snoer kragte vir nuwe enkelsnit

FOTO: Anna Pepper

Dis geen geheim dat Janie Bay weet hoe om te werk met ander kunstenaars. Sy het immers al met Hunter Kennedy, Jan Bloukaas en Jack Parow ’n liedjie opgeneem en nou kan aanhangers uitsien na Die Heelal met Early B. 

Ons het met die sangeres gaan gesels:

Hoe het Die Heelal liedjie onstaan?

Ek het die musiek en melodieë by my huis begin skryf (pre-produksie). Ek en Hunter Kennedy het lirieke van my gevat en hy het my gehelp om die storie te begin vorm in studio. Ek het huis toe gegaan en die tweede verse self geskryf.

Hoe het jy op Early B besluit?

Nog in die vroeë stadium van die liedjie het ek al geweet ek wil hom graag hê op die song en ek is so dankbaar dat hy daarvan gehou het en ingestem het om te feature.

Vertel ons van die opneem- proses?

Ek het baie van die pre-produksie vooraf gedoen en Fred den Hartog en ek het saam gesit om die finale produksie elemente reg te kry. Ek wou graag die musiek baie minimaal hou sodat sy stemme mooi uitstaan, dat mense regtig die gevoel van die liedjie mooi kan vang.

Waaroor gaan die liedjie?

Die Heelal kan eerlikwaar in baie manier geinterpriteer word. Dit is ’n love song, dit is ’n breakup song, dit is ’n liedjie van hoop en possibilities. Die heel belangrikste vir my is dat dit mense se harte sal raak en dit elkeen hul eie meaning uit die liedjie sal trek, hoe ookal hulle dit mag nodig hê in hul eie journeys.

Wanneer het jy besluit dat jy ’n sangloopbaan wil volg?

Vanaf ek kan onthou wou ek altyd sing, maar my lewe het maar ’n paar draaie gemaak en ek het myself heeltemal oorgegee aan musiek so 10 jaar terug.

Is daar ’n spesfieke oomblik/gebeurtenis waarin jy besef het dat dit haalbaar is?

Daar was al redelik baie. Elke keer as ek nog ’n stap vorentoe beweeg, hoe klein of groot ookal is ek dankbaar. Ek dink die eerste groot oomblik was seker toe Jack Parow my gevra het om te sing op sy liedjie Veilig.

Het jy enige ander belangstellings wat jy sou wou uitleef? 

Ek is baie into health & fitness, so ek sou graag in die fiksheidswêreld beweeg het. Ek is mal daaroor om mense te motiveer om te oefen en gesond te leef. Maar, wie weet? Dalk gebeur dit nog.

Wat fassineer jou tans?

Hoe mense eintlik meestal goeie harte het en dat almal eintlik net saam in vrede wil leef.

Wat maak jou kwaad?

Ek raak glad nie maklik kwaad nie, maar as iemand iemand anders sleg of verkeerd hanteer met slegte intensies. Dit kan my bloed bietjie laat borrel, maar ek sal steeds die situasie so mooi as moontlik probeer hanteer sou ek betrokke raak.

Wat is die beste raad wat iemand jou ooit gegee het?

Vir myself: Follow your gut, always

Vir ander mense: Wees net lief en daar vir mense en help en luister altyd waar jy kan.

Die Heelal is nóú digitaal op alle musiekplatforms beskikbaar. Klik hier om te luister.