Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

‘Verdrink’ jouself in Hanco se nuwe musiekvideo!

FOTO: Verskaf

Die 21-jarige Hanco, wat vroeër vanjaar sy kortspeler Hou Vas bekendgestel het, se nuwe enkelsnit en musiekvideo Verdrink is onlangs vrygestel. 

Dié enkelsnit handel oor die gevoel van hulpeloosheid omdat die belangrikste persoon in jou lewe nie by jou is nie. Jy voel as’t ware dat jy ‘verdrink’… 

“Ek hou van die liedjie se catchy melodie en ek glo mense gaan ook daarvan hou. Toe ons die liedjie opgeneem het, het alles net in plek geval en ek het geweet dit gaan werk. Ons het die grense probeer oorskry in Afrikaanse musiek en ek dink ons het dit goed reg gekry,” verduidelik Hanco. 

Die enkelsnit is ekstra besonders omdat dit saam met die Italiaanse liedjieskrywers en vervaardigers,  Sergio Di Nicola, Danilo Pastore, Giordano Donati en Alessandro Giunta geskryf en vervaardig is.

Kyk die musiekvideo hier: 

Die enkelsnit is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.