Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

O gaats – Hammie ‘kan nie cope nie ou’!

FOTO: Verskaf

Hollywood kan nie ’n beter storie vertel as Hammie se nuwe enkelsnit Kan nie cope nie ou.

Dié sanger, komediant en TV-persoonlikheid, is terug met sy splinternuwe treffer, ná die sukses van sy vorige enkelsnit Bruce Lee.

“Die liedjie is ’n geheue-montage van die grootste aand wat jy nie kan onthou nie en die enigste bewyse wat jy het is die foto’s op jou selfoon,” het Hammie gesê. Volgens Hammie kan die liedjie ook as die temalied van ’n groot Hollywood blocbuster dien. 

Die liedjie is vervaardig deur die Fred den Hartog van

Die Heuwels Fantasties-faam en geskryf deur Hamilton Wessels, Don Kelly en Adolf Vorster. 

Een ding is egter seker: Kan nie cope nie ou beloof om die lekkerste en gewildste somertreffer wees. Voeg dit op jou speellys en onthou die kiekies van die vorige aand – jy mag dit dalk net nodig kry om jou geheue te verfris.

Luister hier na ’n voorskou: 

Kan nie cope nie ou is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms.