Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

‘Iziiit’ Irene-Louise van Wyk se nuwe enkelsnit?

FOTO: Fathom Media 

Irene-Louise van Wyk is geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. Daar word selfs na haar verwys as Suid-Afrika se Meghan Trainor. Oor die afgelope vyf jaar het sy haarself gevestig as sanger en verhoogkunstenaar met twee suksesvolle albums, reg in haar unieke styl soos vorige treffers. 

Die geesdriftige blondekop se nuwe enkelsnit – 

Iziiit? is pas vrygestel en beloof om net so suksesvol te wees soos haar vorige treffers– Vergeet van My, Sjampanje en Hou Jou hande van my Lyf af

Iziiit? is ’n lekker parmantige liedjie wat haar laat lag en dadelik ’n in goeie bui sit, vertel Irene-Louise. “Elkeen van ons het al by ’n braai of ‘n kuierplek te doen gehad met daardie persoon wat almal laat verstaan hoe baie geld hulle het, of hoe wonderlik hulle lewe is. Hulle hou net aan en aan met praat, wat die ander in die stilligheid laat dink, Iziiit?

Die enkelsnit is geskryf deur Roux Cloete wat die meeste van Irene-Louise se cheeky, funky musiek skryf. “Die liedjie is bietjie sarkasties. Ons almal het al só iemand al ervaar wat dink hulle is die mooiste, rykste en slimste,” sê sy. Sy hoop dat die liedjie mense sal herinner om nie die lewe so ernstig op te neem nie. Daar lê nog groot planne vir Iziiit? voor, wat onder meer ’n musiekvideo insluit. 

Luister hier na ’n voorskou:

Haar unieke Pop klanke en prettige tong-in-die-kies lirieke is opgewek en sit ’n glimlag op jou gesig as jy dink aan die persoon wat jou al in die geheim laat Iziiit? het… 

Irene-Louise hoop dat haar musiek mense sal aanraak, iets sal laat voel, al is dit net om hul dag op te kikker. Musiek het nog altyd deur haar are gevloei. Sy was van kleins af omring deur talentvolle mense wat by haar ’n voorliefde vir musiek gekweek het. Sy put inspirasie uit die kunstenaar wat sy streef om te word en hoop om in die toekoms saam met Snotkop te werk. 

Vir Irene-Louise is die hoogtepunt van haar loopbaan die twee Ghoema nominasies (Publiek se gunsteling Vroulike kunstenaar, Beste Pop Album deur ’n vroulike kunstenaar) wat sy in 2018 ontvang het. Sy sal ook nooit die oomblik in 2017 vergeet toe sy op die hoofverhoog by Innibos voor 65 000 mense opgetree het nie. 

Sy hou egter haar voete vas op Moeder-aarde en vertel dat die musiekbedryf haar geleer het om nederig te bly. En sluit af met: “Jy sal die vrugte pluk as jy hard werk.”