FOTO: Verskaf
Apple Music, wat onlangs ’n lys van hul top plaaslike en internasionale kunstenaars, albums en liedjies bekend gemaak het, het pas ook hul top Afrikaanse kunstenaars, albums en speellyste van die afgelope vierjaar op dié musiekdiens bekend gemaak. Snotkop is die nommereen kunstenaar met sy treffer Cool soos Koos Kombuis wat die eerste plek in neem.
Ander kunstenaars wat ook op dié toplyste is, sluit in Jo Black, Karen Zoid, Elandré, Robbie Wessels en Kurt Darren. Die top-speellyste sluit in Afrikaanse Treffers, Afrikaans Alternatief Essentials en Afrikaanse Sokkie Essentials.
Hier’s die lys van die top Afrikaanse kunstenaars, liedjies en speellyste van die afgelope vierjaar op Apple Music:
Top-Afrikaanse kunstenaars:
1. Snotkop
2. Karen Zoid
3. Kurt Darren
4. Jo Black
5. Robbie Wessels
6. Brendan Peyper
7. Appel
8. Elandré
9. Karlien van Jaarsveld
10. Dewald Wasserfall
Top-Afrikaanse liedjies:
1. Cool Soos Koos Kombuis – Snotkop
2. Potte – (feat. Jack Parow & Justin Vega) –Early B
3. Skepe – Jo Black
4. Hardekole – Ricus Nel, Adam Tas, Bok Van Blerk & Refentse
5. Bring Die Hoop Weer Terug – Jo Black
6. Die Lyn – Elandré
7. Ek Sweer – TWEE
8. Mphe Di Hoenor – Robbie Wessels
9. Woestersous – Snotkop
10. Raak Vir My Rustig – Snotkop
Top Afrikaanse-albums:
1. Skepe – Jo Black
2. HKGK – Snotkop
3. Kleindorp-Dromer – Elandré
4. Boer Loop Deur My Are – Appel
5. Sous – Snotkop
6. Kaptein Se Grootste Platinum Treffers – Kurt Darren
7. Aangename Kennis – Early B
8. Piekniek Vir Twee – TWEE
9. Woestyn – Robbie Wessels
10. Boomhuis – Elandré
Top-Afrikaanse speellyste:
1. Afrikaanse Treffers
2. Afrikaanse Sokkie Essentials
3. Alternatiewe Afrikaans
4. Afrikaans Alternatief Essentials
5. Groot Afrikaanse Treffers
Met meer as 50 miljoen liedjies tot jou beskikking bied Apple Music ʼn drie maande proeftydperk sonder enige verpligting en sonder enige advertensies. Apple Music is die tuiste van al jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars en bied die grootste verskeidenheid Afrikaanse speellyste, onder meer Die A-lys Afrikaans, asook kurator-vennootskappe met van die vernaamste Afrikaanse platemaatskappye soos In Afrikaans, Select Musiek en 100% Afrikaans. Apple Music is beskikbaar op iPhone en iPad en kan ook afgelaai word by Google Play vir Android-toestelle.