Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Groet die koue aan ’n langtafel met Roan Ash

FOTO: Verskaf

Lente is sinoniem met bloeisels en piekniek onder die bome. En wat ’n beter manier is daar om die winter te groet en aan te sit by ’n langtafel in die geselskap van die musikant en liedjieskrywer Roan Ash.

Op Saterdag, 7 September gaan die Mall of the North in Polokwane die gasheer speel vir dié countryster wat onlangs naam gemaak het in die VSA. Ash, wie se jongste enkelsnit Little things vroeër vanjaar uitgereik is, beloof om treffers soos If I ever saw heaven en Whisky to my soul tydens die intieme konsert te sing.

“Dis ’n ongelooflike voorreg om vir Roan Ash in Polokwane te verwelkom en sulke talentvolle kunstenaar by ons te laat optree,” het Sumari de Ridder, die uitvoerende hoof van die Mall of the North winkelsentrum, gesê.

Kaartjies vir die konsert is nou beskikbaar op iTickets – ’n R150 bied jou ’n plek aan die langtafel en R100 vir ’n gewone sitplek. Kinders onder die ouderdom van 14 kry gratis toegang, mits hul vergesel word deur ’n volwassene. 

Die geleentheid word met trots aangebied deur Mall of the North in samewerking met Ocean Basket, Panarottis en Northern Media Group

Die plaaslike radiostasie, JouRadio, sal ook regstreeks vanaf die geleentheid uitsaai.  

Vir meer inligting besoek Mall of the North se Facebook-blad