Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Net ‘een shot’ vir Willem Botha

FOTO: Verskaf

Twee jaar sedert sy treffer, Soen & Vergeet ranglyste regoor die land aan die gons gehad het is Willem Botha terug met ’n splinternuwe enkelsnit met hope skop! 

Een Shot is beslis dié partytjieliedjie van die jaar.  Die treffer sal sonder twyfel elkeen wat jonk van gees is op die dansvloer kry en hou – hetsy langarm of losdans jou ding is.

Een Shot maak dit duidelik dat dit net een shot vat om die aand te begin! So maak seker hierdie enkelsnit is op jou speellys vir die volgende braai, kuier, roadtrip of somervakansie.

Willem Botha is ’n plaasseun van Riversdal en kuier graag saam met goeie vriende om ’n braaivleis vuur. Dis juis hier waar die idee vir die enkelsnit, Een Shot ontstaan het. Partykeer vat dit net daardie Een Shot om jou te laat ontspan en die aand te geniet.

Willem het die enkelsnit saam met Micheal Lindt en André Viljoen geskryf tydens ’n wegbreuk op Hayward’s Lodge in Dinokeng buite Pretoria. Een Shot is ook die eerste enkelsnit vanaf Willem se langverwagte vyfde album wat einde 2019 deur Universal Musiek vrygestel word.

Die musiekvideo vir Een Shot is by Strydom Arabiere naby Bronkhorspruit verfilm vanweë Willem se groot liefde vir Arabier-perde. Dit handel oor vier vriende wat saam op ’n perdeplaas werk en saans lekker rustig om ’n kampvuur kuier, stories deel en musiek maak. Net soos in die lirieke maak JAY ook sy verskyning in die musiekvideo.

Een Shot is beslis ’n móét vir jou speellys vir elke kuier hierdie lente en somer! Nou beskikbaar op alle digitale platforms. 

Kyk die musiekvideo hier: