Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Oos-Randse familie en vriende-groep ’n internetsensasie met lofliedere

FOTO: Verskaf

Loof en Prys kry ’n nuwe unieke klank vanuit die Oos-Rand deur ’n groep wat bestaan uit familie en vriende. VirAnder is daar om ’n verskil te maak in mense se lewens deur middel van hulle musiek om mense nog nader aan God te bring. Hulle musiek video vir Sing ’n Hallelujah is al meer as 300 000 keer gekyk (YouTube,Facebook en Whatsup) in minder as ’n week!

VirAnder het hulle bekendheid verwerf met die vertaalde weergawe van Raise a Hallelujah.

Dié groep het besluit om die lied te vertaal omdat dit vir hulle salwing dra. Die liedjie, volgens die groep, is ook op die oomblik relevant as ’n encore lied vir Suid Afrika.

Die bedieningsgroep VirAnder het driejaar terug besluit om hulle droom te volg om mense weer nader aan God te bring. Al die liedjies kom uit die pen van VirAnder se lede. Inspirasie is gevind deur hulle sterk geloof en in God se woord. Jy kan deur middel van hulle lirieke hoor hulle het net een fokus en dit is dat alles wat asem het die Here loof.

Kyk die video waaroor almal gons hier:

Met hierdie album wil VirAnder graag hê dat die liedjies almal se harte sal aanraak en dat die hoop altyd in God gevestig sal bly.

Hul CD is op Sondag, 28 Julie by die Woord en Lewe Kerk in Boksburg bekendgestel.

VirAnder se debuutalbum U Alleen sal binnekort beskikbaar wees.

VirAnder bestaan uit: 

Morné Coetzee – Stem, Kitaar

Zani Coetzee – Klawerbord

Estian Le Grange – Baskitaar, Klawerbord, Kitaar

Jady van Zyl – Dromme, Perkussie, Kitaar, Stem

Chantel van Zyl – Stem

Lizelle Maree – Stem

Daniélle Ackerman – Stem

Charles Ackerman – Kitaar, Stem