Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Visrivier Canyon dien as agtergrond vir nuwe SAARKIE-video

FOTO: Verskaf

Die immers gewilde rock-groep, SAARKIE, het onlangs hulle nuwe enkelsnit, Suidwes-Afrika, vrygestel wat reeds op talle trefferparades landwyd pronk. Nou volg die musiekvideo van hierdie gewilde liedjie. 

Die lied is geskryf deur Adèle Fouché, Lila Botha en voormalige lid, Erika Pretorius.

LEES OOK: SAARKIE kies koers na ‘Suidwes-Afrika’

“Die video is geskiet by die Visrivier Canyon. Ons avonture gee vir ons inspirasie vir ons liedjies – ons het die Visrivier Canyon in Namibië gaan stap wat 90km in totaal is.  Ons was 19 vriende waarvan 9 verdwaal het en vir 3 dae weggeraak sonder kos of water! Hulle is uiteindelik gevind en dit was baie traumaties vir almal,” vertel Lila, die drommer van die groep.  

Mjön van Blommestein (een van die lede van Saarkie) het met die kreatiewe konsep na vore gekom, die regie behartig en die video is vervaardig deur Girl with Hat Productions (Mjön se maatskappy). “Ons het ook gebruik gemaak van ’n drone (Andy van www.nowaytoofar.de) om van die skote oor die Visrivier Canyon te verfilm,” vertel Mjön. 

“Die lied sal altyd vir ons spesiaal bly omdat dit ’n lewenservaring was wat ons altyd sal onthou.  Die Canyon is ongelooflik mooi en ons het die staptoer vreeslik geniet.  Toe ons vriende nie by die eindpunt aangekom het teen sonsonder nie, het ons geweet iets is verkeerd.  Baie mense het gehelp soek na hulle en ons was so bly toe almal veilig terug is. Die liedjie is spesiaal want dit was hoe ons gevoel het op daardie oomblik toe almal na hulle gesoek het,” voeg Lila by.

SAARKIE bestaan uit Adèle Fouché (kitaar- en mondfluitjiespeler, voorsanger en liedjieskrywer), Lila Botha (dromspeler en agtergrondstem) en Mjön van Blommestein (baskitaar-, ukulele- en mondfluitjiespeler, agtergrondstem, en mede-liedjieskrywer) en vier vanjaar hulle tiende bestaansjaar.  Hulle word beskou as een van die mees suksesvolle rockgroepe in die land. 

Kyk die musiekvideo eksklusief hier: