Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Kom saam op Corné Louw se ‘date night’

FOTO: Verskaf

Corné Louw is nie iemand wat musiek op die gewone manier aanpak nie. Sy eerste enkelsnit en ook die titelsnit van sy komende album, Date Night, is nie net ’n bewys hiervan nie, maar verklap ook meer van wat luisteraars van hierdie moderne kunstenaar, met sy strelende storievertellerstem, kan verwag.

Date Night is ’n vars en moderne Country-Popsnit wat lekker is om na te luister en jou voete onwillekeurig sal laat jeuk om op die dansvloer uit te kom. Die liedjie, wat deur Corné, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner geskryf is, sal aanklank vind by enigiemand wat in ’n verhouding is en wil paartjies herinner om vir mekaar tyd te maak in vandag se gejaagde lewe. 

“Aan die begin van ’n verhouding word daar baie beloftes gemaak, maar dan gebeur die lewe en is daar 

verantwoordelikhede wat nagekom moet word. Dit is dan so maklik om verby mekaar te begin leef,” verklap dié liedjieskrywer en musikant oor die boodskap agter sy eerste enkelsnitvrystelling. “Die enkelsnit beteken vir my baie, want dit het met my en my vrou gebeur vandat ons twee wonderwerkies gebore is. ’n Tweeling hou ons heeltemal weg van die dinge wat ons as ’n paartjie altyd saam gedoen het. Maar ons verruil hulle vir niks!”

Kyk die musiekvideo eksklusief hier: