Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Elandré is nou ‘tussen die lakens’

FOTO: Verskaf

Na die reuse sukses van Elandré se eerste enkelsnit Vuur op die water, wat vandees week goue status behaal het, vier Elandré mense wat hy in ’n lang tyd nie oor gepraat of gedink het nie met sy jongste treffer Tussen die lakens.

Dié enkelsnit, wat ook op sy tweede album Boomhuis beskikbaar is, beloof om ’n groter inpak as die vorige enkelsnit te lewer.

LEES OOK: Elandré gooi ‘vuur op die water’

“Hierdie liedjie vier mense wat ek oor ’n lang tyd nie oor gepraat of oor gedink het nie. Om net stil te sit en te sê: ‘Wow, daai mense was great en daai tye was great’,” vertel die sanger.

Elandré sê hy het vrede gemaak met wat hy oor die laaste paar jaar verloor het, want hy het baie opgegee om te doen wat hy vandag doen.

“Ek onthou jou en ek waardeer jou. Ek het vrede

met jou, waar jy ook mag wees. Ek onthou jou nog. Kyk maar elke nou en dan op na die maan en wie weet, dalk kyk ek op daai selfde oomblik ook op na die maan,” sluit Elandré af.

Kyk die musiekvideo vir Tussen die lakens hier: